Telkom
Cancel my internet line, sent me proof

Telecommunications

Twee jaar terug het ek Telkom geskakel om my lyn te kanseleer omrede ek getrek het, dit is telefonies bevestig dat dit wel gedoen is. Twee jaar later ontvang ek dreiegende Sms'e en eposse dat as ek nie die uitstaande gelde betaal nie sal ek oorhandig word, snaaks genoeg Telkom het net nooit een keer my geskakel nie. Al my besonderhede is by Telkom. Ek het `n bedrag van R1500 oorbetaal aan Telkom en mooi gevra dat dit asb nou gekanseleer moet word en dat ek `n bewys moet kry dat my naam skoon is, geen terugvoer van geen PERSOON af nie, nou kry ek weer `n sms vanaf SIKWEYIYA Ref: NTI27232, sy kontak no 041 585 2896 dat ek nou weer R2445.11 moet betaal. Ek is histeries van kwaadheid, ek bel, ek epos, niemand kontak my terug nie, ek weier om daai gelde te betaal en ek belowe as Telkom nie bitter vinnig `n einde aan hierdie belaglike dreigemente maak nie, sal ek sover gaan as wat ek moet. Al wat ek wil he is dat hulle daai lyn kanseleer, bevestig dat ek geen gelde aan hulle verskuldig is nie, as hulle hulle werk reg doen sal dit van die begin af reggewees het, toe ek inskakel en se ek verhuis kanseleer asb my lyn.


Company: Telkom
Country: South Africa
City: Call Centre
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Cell C
SWAK SWAK SWAK KLIENTEDIENS

Medihelp
Terugvoer is pateties

B Smart Communications
The worst communication systems in South Africa

Medihelp
Efund

Outsurance
Hoeveel mense word so gevang???

Vodacom
Vodacom

Mccarthy
My ingeruilde voertuig nie van my naam af nie

Motor Finance Corporation
MFC weier om my verloofde se kontrak te kanselee

Adt Security
Swak diens en geen response

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!