8ta / Telkom Mobile
8Ta Uiters Swak dienslewering!!!

Telecommunications

Ongeveer twee maande terug het ek aansoek gedoen by 8Ta Parowsentrum om my bestaande Cell C simkaart te laat omskep na die 8Ta netwerk. Ek wou graag my bestaande selfoon nommer behou. Ek is gehelp deur 'n jong man wat my inligting gevat het vir rica. Ons moes wag vir 'n verifisering SMS op my sel om met die proses aan te gaan wat om een of ander rede nie wou deurkom nie. Ek het uit moedeloosheid die winkel verlaat en het die volgende dag weer terug daarna gegaan en gehoop om gehelp te word. Hy het weer probeer maar die sms wou steeds nie deurkom nie. Die man het 'n saak gelog op die stelsel en beloof om na my terug te kom sodra dit uitgesorteer is. Dit is nou al twee maande later en ek wag steeds vir die beloofde oproep. Ek het uit moedeloosheid na Cape Gate sentrum se eita gegaan en was daar deur 'n dame gehelp. Sy het op die stelsel gaan kyk en volgens haar was my inligting na die verkeerde departament gestuur. Sy het gese sy kon my ook nie help nie en wou weer 'n saak log wat beteken dat ek weer vir weke moes wag. Sy was nie eenkeer vriendelik nie en ek het onwelkom gevoel. Ek het uit moedeloosheid maar net 'n ander simkaart gevat. Julle stel my bitter teleur Eita!!!


Company: 8ta / Telkom Mobile
Country: South Africa
City: Parow
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Mtn
GEEN TERUGVOER NA AANSOEK VAN KONTRAK

Cell C
Uiterse swak diens!

Lategan And Van Biljoens Appliance Spares
Opgewekte vriendelike jong man

Hyundai South Africa
CD playe

SARS
Hoe lank nog!!

Dis-Chem
Jolanda

Absa
Geen terugvoering

Medihelp
Medihelp een van die swakste diens verskaffers

Standard Bank
Swak terugvoering

Nedbank
Ek doen mos die moeite om te skakel