Beares
Uiters swak diens

Shops, Products, Services

Ek het op 23 Januarie 2014 seker meubels gekoop by Beares Secunda. Hulle was uiters vining om die kontrak geteken te kry, maar ongelukkig is dit waar die goeie diens gestop het.
Ek het die 25 ste Januarie van die meubels self gaan laai, aangesien nog niks afgelewer was nie. En dit is toe dat ek meegedeel is dat die sitkamerstel wat ek gekoop het, nie in voorraad is nie. (en dit nadat ek die verkoopsdame omtrent 6 keer gevra het of sy seker is dat hulle voorraad het.) Volgens die bestuurderes moes ek wag tot begin Maart. Dan sal hulle eers voorraad he. Die volgende week het hulle "Customer Care" my gebel om te hoor of ek tevrede is met die diens. Ek het genoem dat ek nog steeds nie al my meubels het nie.
Later daardie week is my sitkamerstel afgelewer.
Ek wag egter nog steeds vir my tuimeldroeer.By navraag is daar aan my gese dat dit bestel moes word, en dat die bestelling op die 27ste Januarie geplaas is. Aflewering neem 8 werksdae (dit was gister). Beares het my gekontak om te se dat hulle nog wag en kon nie vir my 'n datum gee nie.


Company: Beares
Country: South Africa
City: Secunda
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Groupon SA
Bestellings geplaas maar wag 8 Weke no respons

Afriworld removals
Swak diens

Pam Golding Properties
Wil not recommended pam golding uitenhage

Beares
Vegas sleeper bank gekoop - 2012/05/29

Edgars
Swak diens

Hyundai South Africa
Verkoop fabrieks foute

Elwierda Glass And Aluminium
GEEN DIENS

Greyling Transport
Swak diens!!!

Beares
Foon kom terug met merke

GWM SA
Gwm kimberley geen diens