Beeld
GEWESE BEELD INTEKENAAR

Newspapers & Magazines

Waarskuwing aan alle Beeld intekenare - n beeld bemarker het my gister gekontak en gevra om my maandelikse Beeld intekengeld te verander van n elektroneise oorplasing na n debiet order betaling. Na ek aan hom genoem het dat ek verkies om dit maandeliks oor te betaal aangesien ek nie addisionele bankkoste wil betaal met n debiet order nie, is daar aan my genoem dat ek bitter min afslag kry omrede ek nie per debiet order betaal nie. Wat vir my baie teleurstellend was. Ek is reeds n Beeld intekenaar sedert 1993 (20 jaar), en is baie verbaas om te hoor dat ek nie werklik spaar deur n intekenaar te wees nie. Ek besef dat ek wel die voordeel het van n koerant wat by my voordeur afgelewer word daagliks, maar sekerlik die feit dat Beeld n vaste inkomste van my af verdien behoort ek te kwalifiseer vir n beter prys. Daar is ook aan my genoem dat indien ek wil inteken op die Rapport koerant, ek alleenlik sal spaar indien ek ook n debiet order teken vir die intekengelde.Net debiet order intekenare kry n aansienlike afslag op hul intekengeld. Ter afsluiting - ek het my Beeld subskripsie van 20 jaar gekanselleer.


Company: Beeld
Country: South Africa
City: Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Beeld
REKENING OP DATUM / GEEN AFLEWERING

Beeld
Geen aflewering

Beeld
Geen reaksie op klagtes

Beeld
Geen aflewering van Beeld

Beeld
Geen aflewering van koerant

Beeld
KOERANT ALWEER NIE AFGELEWER NIE

Beeld
Weereens

Beeld
GEEN AFLEWERING - ALWEER!!

Beeld
Beeld lewer nie koerant af nie

Beeld
GEEN KOERANT