Speedy Tyre & Fitment
My werkende motor is nou stukkend!

Cars & Transport

Mense... ek het vandag 'n sleg ding oorgekom...

Neem my motor na Speedy langebaan vir bande vervang, speedometer kabel vervang (wat ek self gekoop het) en om die wiele te balanseer en die motor na te gaan want ek ry more-oggend vroeg kaap toe vir besigheid.

Dis nou net na 9-uur in die aand en my kar het 2 nuwe voorwiele op (R980 later), die kabel is in wat 'n ander probleem aan die lig gebring het... maar ongelukkig werk my kar se tru-rat of 5de rat nou glad nie meer nie!? Hoe de hel???

Wat het die ratte te doen met die wiele of ander kabel? Ek's buite myself van teleurstelling...

Ek het 'n motor wat nie werk en voel GEEN werklike poging is aangewend om my te help om ten minste 'n ander voertuig te bekom om betyds te wees in die kaap more...

Ek gaan nie na 'n vergadering toe waar dit aanvaarbaar sal wees as ek bietjie laat kom nie... Daar's ander mense ook betrokke wat later ander verpligtinge het...

So nou sit ek met my hande in my hare gestrand met geen uitweg of voertuig, nie eens 'n huurmotor nie!!!


Company: Speedy Tyre & Fitment
Country: South Africa
City: Langebaan
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

First4cars
STEEL VAN VOERTUIG

Budget Insurance
Budget refuse to pay out my write of vechile!

J&k Mobile Mechanic 24/7
J&K MOBILE MECHANIC 24/7 moet beginners wees

Tiger Wheel And Tyre
Excellent service

Pick 'n Pay
Help nie kliente klaar en reg nie

Fincapital
BAD SERVICS

Planet Fitness
Kanselleer al vir 5 maande lank

Mahindra Sa
???

Toyota
Land Cruiser 4L V6 with engine problems