AfricaComplaints.com » Traveling & Tourism » Complaint / review: Forever Resorts - Excellent staff | #290289

Forever Resorts
Excellent staff

My vrou en kinders kamp by Swadini vanaf die 14de December 2013. Ek was self daar oor die lang naweek om te help om die tent staan te maak. Met die inry het ek sommer geweet ek is al weer op die regte plek. Dit is so lekker om by Swadini in te ry en die vriendelike personeel te sien. Laat 'n mens sommer tuis voel. Ek sien 'n hele paar "complaints" oor die water wat 'n probleem is in die badkamers. Ek is self 'n Fasiliteits bestuurder en 'n mens kry dae wat alles vlot verloop en dan kry mens weer dae wat alles op een breek. Maar jy kan maar maak wat jy wil mense sal jou nie komplimenteer oor die 20 goed wat reg is nie maar hulle sal kla oor 1 ding wat verkeerd is. Well done Swadini julle doen 'n goeie job en ek weet om so 'n plek te bestuur is nie kinder speletjies nie.

Date:

Company: Forever Resorts

Country: South Africa   City: Hoedspruit

Category: Traveling & Tourism

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google