AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Leserskring / Leisure Books - UNABLE TO CANCEL ORDER | #159747

Leserskring / Leisure Books
UNABLE TO CANCEL ORDER

Ek het perongeluk in Ebook bestel inplaas van 'n regte boek. Dit het gebeur toe ek 'n sekere "author" gesoek het en nie besef dat Ebooks in die lys verskyn nie. Ek het hulle onmiddellik telefonies gekontak waartydens 'n dame vir my gese het die bestelling nog nie aan haar kant wys nie en ek moet later weer terugbel. Ek het weer later die oggend/vroeg middag gebel waartydens 'n man vir my gese het die bestelling is gelukkig nog nie heeltemal geprosseer nie, maar hy kry dit nie gekanselleer tydens ons oproep nie. Hy het gese ek hoef nie te bekommer nie, hulle sal dit uitsorteer aan hul kant. Toe ek weer die middag op die webwerf gaan om nou my bestelling vir die kwartaal te plaas het ek gemerk dat hierdie bestelling nogsteeds daar is en nou gefaktureer is. Toe bel ek WEER. Hierdie dame het gese iemand sal my kontak in die verband. Iemand het my gekontak en ingelig dat ek die Ebook MOET vat en dat my bestelling NIE gekanselleer kan word nie al kan ek dit nie so lees nie, want hulle stelsel bestel sommer namens hulle direk/dadelik by die verskaffer. Ek voel dit is belaglik en nou is daar steeds die laaste bestelling op my rekening wat ek ook kanselleer het! Help asseblief!

Date:

Company: Leserskring / Leisure Books

Country: South Africa   City: Cape Town

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google