AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Jacklin Enterprises - They can t solve problems | #123068

Jacklin Enterprises
They can't solve problems

Ek gaan nou in Afrikaans skryf, want die mense verstaan nie Engels nie. Ek sukkel nou al vanaf die 4de Januarie om no. 71 (rear fenders) by hulle te kry, van die Aston Martin DB5. Al wat ek kry is verskonings en nogmaals verskonings. Ons was gewaarborg al ons onderdele is gereserveer. Uiteindelik bel Louisa my en vertel die nodige onderdele is opgespoor en word gepos. Ek kry vandag in die pos, no.75. EK SOEK 71. Ek baklei al amper 6 maande lank om 71 te kry. (Hulle verstaan ook nie die moderne syfer stelsel nie). Ek is besig om al my e-posse op 'n geheuestokkie te laai vir my vergadering met my prokureur maandag die 3de Junie.
Ek het al wereld wyd verspreiders gekontak en almal het dieselfde probleem, geen voorraad. Op [URL Removed] is daar kort kort auction listings. Moet ek daar koop en die geld terug eis? Niemand kon my nog op daai vraag antwoord nie.
HOEKOM MOET EK 6 MAANDE SUKKEL OM EEN ONDERDEEL TE KRY?
Ek wonder of enige bestuurslede ooit hierdie klagtes sien. Ek sal maar weer begin wereld wyd soek, of op Ebay koop en maar weer die geld probeer terug eis deur 'n prokureur.

Date:

Company: Jacklin Enterprises

Country: South Africa   City: Head office

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google