AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Sascha Tehuis - Behandel oues sleg | #196947

Sascha Tehuis
Behandel oues sleg

My ma is in Sascha Tehuis en kla dat hulle haar sleg behandel - ek het Maandag (26/8) met Andre gepraat en gevra dat hy asb met sy staf moet praat oor hul houding omtrent my ma, aangesien sy kla hulle mishandel haar. Hy het below hy sal met hulle praat - toe ek Maandagaand met my ma praat het sy bevestig dat hulle houding verbeter het maar dat die matron (Elbie) nie met haar praat nie en ook nie die verbande verander het op haar voete nie (sy is bedleend en kan haarself nie help nie). Vanmiddag (Saterdag, 31/8 om 16:00) word ons gebel om te se dat my ma se doeke klaar is en dat ons moet doeke bring - geen vooraf waarskuwing dat die doeke amper klaar is nie. Daar word ook snedige aanmerkings gemaak. My ma is vanaand in trane en het vandag blykbaar vir een van die verpleegsters gese dat hulle haar nie soos 'n hond moet behandel nie. Daar is /- 15 oumense in die 'versorgingseenheid' en my ma is nie die enigste een wat kla nie - van die mense het al ander verblyf gekry omdat hulle nie meer die behandeling kan uitstaan nie. Kan julle asb ondersoek instel na die probleme wat die oues moet verduur wat hulself nie meer kan help nie? Kontaknommer van tehuis 0824120784 / 0796942946

Date:

Company: Sascha Tehuis

Country: South Africa   City: 107 Betty Str, Elandsvle

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google