AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: First National Bank - WAAR IS MY MAAND STATE??? | #84197

First National Bank
WAAR IS MY MAAND STATE???

Ek het nou al soveel keer vantevore hier gekla oor die feit dat ons nie ons maand state vanaf FNB af ontvang nie & elke keer word die probleem ge-eskaleer na iemand "bo" die klomp normale mense wat die stelsel beman wat beloftes maak dat die probleem uitgesorteer SAL word & dan gaan dinge weer goed vir so 'n maand of 2 & dan daag die maand state per epos net nie weer op nie.

Ek het nou gaan kyk na FNB se eie web blad of ek daar 'n klagte direk kan plaas maar daar is niks nie.

Nou WAT moet ek NOG doen as ek nie my maand state per epos ontvang nie?

Mens gaan deur die proses 'n paar keer om die probleem te probeer oplos & jy neem die tyd om stadig & duidelik met almal te praat & SEKER te maak dat al die info reg deur gegee word & dan neuk als net weer in die muur vas.

En as ek navraag doen oor die state wat ek nooit ontvang het nie dan word daar net vir my gese dat die "stelsel" se dat die state wel ge-epos was maar ek het NIKS ontvang nie EN dan wil hulle my nog R30 per bladsy charge vir historiese maand state wat ek nooit ontvang het nie.

Eks MOEG om met FNB oor die aangeleentheid te baklei & ek weet regtig nie meer wat ek nog MEER moet doen om die proses te laat vlot nie.

Date:

Company: First National Bank

Country: South Africa   City: HOOFKANTOOR

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google