AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: First National Bank - Bedrog in advertensieveldtog | #47514

First National Bank
Bedrog in advertensieveldtog

Ek luister al hoe minder na 702 as gevolg van julle irriterende en onwaar advertensieveldtogte wat seker werk vir mens wat by die res van die patetiese bankwese besigheid doen. As julle rekenaar se naam Steve is, ja dan is daar waarheid, maar nie as die mens betrokke raak nie. In jare van 'diens; van FNB was daar nog net eenkeer 'n amptenaar in my kantoor na ek julle begin rondjaag het oor swak diens en dit en dit het geen verskil aan die diens gemaak nie. Julle patetiese poging om mense te oortuig dat kaarte binne drie dae vervang sal word en dan kan julle nie myne binne drie weke doen nie, sies! Sefire, praat asseblief minder en doen meer, woorde maak nie verskil aan my dilemma as die probleem nie opgelos is nie. Michael, as jy werklik die Takbestuurder is, verstaan ek hoekom jou tak in so chaos is, my kaarte werk darem, maar ek wag steeds vir jou oproep oor my limiete. Die jongman wat eers die foon beantwoord het en vir my probeer kalmeer het voor hy my op ewige hou gesit het, ek ken al FNB se truuks as ek vir diens in Afrikaans vra, sit mens net op hou tot jy die oproep self beeindig - dit is lankal die vlak van minagting van Afrikaans wat my laat bleep! Jou aksie het 'n reuk!

Date:

Company: First National Bank

Country: South Africa   City: Wonderpark

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google