AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: African Bank - Swak Diens | #250591

African Bank
Swak Diens

Ek het op 17 Sept 2013 my kredietkaart by African Bank ten volle betaal. Met die "settlement quotation" brief, het ek die bewys van betaling en die brief om te vra hulle moet my rekening toe maak gefaks na 0879430146.
Drie weke later toe ek in my rekening gaan, sien ek hulle is steeds besig om weekliks die geld af te trek. So op die 14de Okt skakel ek hulle om te hoor wat gaan aan??? My rekening was nooit toe gemaak nie!
Na vele oproepe het hulle net 'n gedeelte van my geld inbetaal! Hulle weier om die res in te betaal want dit is Service fees en ek weet nie watse rente ook nog nie! Dit nadat die person aan die anderkant nie hulle werk reg gedoen het die dag toe ek dit gefaks het nie!
Ek het gister met Alfred gepraat en hy het my belowe die geld sal dieselfde dag 4 Nov 2013 in my rekening betaal wees, NIKS!!! Skakel nou weer die customer care lyn en daars natuurlik nie 'n bestuurder beskikbaar nie...
Ek is keelvol vir hierdie swak diens!!! Nie eenkeer het hulle my gebel en gevra vir betaling nie want my rekening was altyd eerste betaal en sommer nog voor die tyd ook af gelos.
WAAROM MOET EK NOU SMEEK VIR GELD WAT AAN MY BEHOORT???
Uiterse swak diens van African Bank.

Date:

Company: African Bank

Country: South Africa   City: Brackenfell

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google