AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Infiniti Insurance - Moet nooit korttermyn Versekering hier uitneem nie | #202473

Infiniti Insurance
Moet nooit korttermyn Versekering hier uitneem nie

Ek het twee jaar lank by hulle verseker. Het deur n Makelaar gewerk met die naam van Mooirivier Makelaars in Potchefstroom. Ek het n nuwe voetuig gekoop en is die bestaande een afgehaal en die nuwe een bygevoeg. Nadat hulle bevestig het aan die Motor handelaar dat die voertuig wel dekking geniet, kon ek die nuwe voertuig gaan haal. Alle premies was tot op datum betaal, 22dae later is ek in n baie erenstig ongeluk en die voertuig is afgeskryf. Volgens hulle het ek nie n eis nie want die premie vir die huidige maand was nog nie betaal nie. Tot en met die tyd van die ongeluk het ek nog geen nuwe polis geteken of n skrywe ontvang wat die nuwe bedrag bevestig het. As daar enigie iemand is wat oorweeg om met hierdie instansie besigheid te doen, sal ek hul aanraai om twee keer te dink. Ek het n verlies van R300 000 gelei omdat hulle nie n eis uit betaal het nie. Ek is seker daar is baie ander instansie wat eerder oorweeg kan word voordat jul met Infiniti werk.

Date:

Company: Infiniti Insurance

Country: South Africa   City: Braamfontein

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google