» » First National Bank - SLEGS EEN BANK IN HELE POTCHEFSTROOM | #172824

Complaint / review / scam report
First National Bank
SLEGS EEN BANK IN HELE POTCHEFSTROOM

Potchefstroom het min of meer 165 000 inwoners. Eerste Nasionale Bank het al die takke toegemaak en het slegs een tak wat nog gewone banksake hanteer. Dit is 'n onuithoudbare en aaklige ervaring om met die tak besigheid te moet doen. Die rye is altyd lank en jy is gelukkig as jy binne een uur die bank verlaat. Daar is nooit genoeg personeel oor besige tye nie en hulle stelsels is omslagtig. Jy kan nie eers 'n tjek wat kleiner as R100 000 is bank sonder dat 'n Supervisor dit goedkeur nie. Indien jou Id dokument gesteel is, kan jy nie eers jou paspoort gebruik nie. Jy dateer en verifieer jou adres vir Fica doeleindes en hulle verloor dit op hul stelsels. Calvin wat daar werk is so bang vir konfrontasie as daar fout is dat hy eerder wegkruip as om jou te wil help. Dit het al 2 keer persoonlik met my gebeur. Ek verpes FNB Potchefstroom. Swakse bank in die hele RSA. Het voorheen in Parys en Pretoria absolute goeie diens van FNB gehad. Baie teleurgesteld in hierdie tak. Moenie my probeer skakel nie, maar maak eerder meer takke oop en probeer diens verbeter.
Author: ntax


Offender: First National Bank

Country: South Africa   Region: All Country   City: Potchefstroom

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Members, of group Guest, can not leave comments on this publication.
Please register on our website, it will take a few seconds.