AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Absa het `n verleentheid geword | #148177

Absa
Absa het `n verleentheid geword

Absa se diens het so weggekwyn dat die woord kliente diens nie meer in hulle woordeskat bestaan nie. Daar is geen diens meer nie. Die personeel word nie meer behoorlik opgelei nie en gee dus verkeerde inligting. Na vele klagtes en besprekings met Absa word naasbestaandes nogsteeds elke dag deur Absa beroof omdat hulle nie die R2000.00 begrafnisvoordeel uitbetaal nie. `Ek glo dat `n indiepte ondersoek sal wys dat Absa miljoene rande se begrafnis voordele nie uitbetaal het nie. Ek verwys mense gereeld na bg, tak rakende die uitbetaling van die voordele. Skandelik. Bel `n mens die bank oor `n navraag word `n oproep sentrum se no, gegee waarna `n mens moet bel, ek kan nie eers meer by my eie tak navrae doen nie. As jy die oproep sentrum skakel en vra om in afrikaans gehelp te word, dan moet jy tot 20 min, aanhou voordat jy gehelp word of jy moet maar die oproep beeindig. Daar word ook geen aandag gegee aan klagte vorms wat by die bank ingevul en ingehandig word nie. Om nie eers te praat van die vreeslike hoe bankkoste nie. Ek is al ongeveer 27 jaar `n klient, maar het by `n punt gekom dat ek verplig is om van bank te verander, dit is regtig `n skande dat Absa so versleg het.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: George

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google